Nuusbrief Februarie 2018 – Marais Koegelenberg

Gedurende Februarie het ons ń “boot camp” aangebied vir onderwysers wat reeds ons CrossRoads opleiding ontvang het maar wat sukkel om die lesse in die skool aan te bied. Die lesse verg nogal baie voorbereiding van diegene wat dit vir die eerste keer doen. Die plan was om oor ń Vrydag en Saterdag die lesse vir die onderwysers aan te bied asof hulle die kinders in die klas verteenwoordig, en ons het dan die onderwyser gespeel. Op dié manier kon hulle die inhoud van die les leer ken maar ook beleef wat dit vir die kinders in die klas sou beteken.

Die terugvoer van die onderwysers se kant was vir my ń groot openbaring. Hulle het só betrokke geraak by die inhoud van die lesse dat dit vir ons moeilik was om binne ons tyd raamwerk te bly. Een het opgemerk: “As hierdie inligting by my uitgekom het toe ek ń kind was, sou ek baie beter besluite in my lewe kon neem”.

Die hoof van ń groot skool in Brackenfell het ook deelgeneem en dit was goed om weereens haar entosiasme te sien. Die CrossRoads karakterbou program word reeds vir die hele hoërskool aangebied en hulle het ń voltydse onderwyser by die skool aangestel uitsluitlik vir dié doel.

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”

Jesus